vrijdag 15 april 2011

REAKSIE OP KOMMENTAAR

Beste Walter
Dankie vir jou reaksie. 
Om aan te toon dat ek hoegenaamd nie aanstoot neem nie (waarom sou ek?) , het ek dit in drie dele as kommentaar op die GELOFTEVOLKBOERNAAL  geplaas - weliswaar nie in volgorde nie...
Aangesien Frederick, die middelste van ons drie seuns, as Gentse student kaartjies @ €15 per persoon vir 'n orreluitvoering in die Notre-Dame de Paris kon kry, insluitende die retoerbusreis, is ek op Saterdag, 29 Januarie 2011 saam met hom Parys toe.
Die bus het ons op die Quai Voltaire afgelaai en ons het oor die Pont Royal na die Louvre* gestap, wat ons van die Jardin des Tuileries tot by die Cour Carrée deurkruis het. Weens 'n gebrek aan tyd kon ons natuurlik nie ingaan nie.
Die Louvre is só groot dat ek en Frederick dit ééns was dat dit 'n leeftyd kan neem as jy die geboue met alles daarop en daaraan net van die buitekant af grondig wil bestudeer! Hoeveel leeftye sou 'n mens nodig hê vir die inhoud daarvan?
Dieselfde geld eintlik vir die Notre-Dame.
Dít is maar twee geboue in die stad Parys...
Vóór die orreluitvoering - wat nie so indrukwekkend was as wat ek verwag het nie - het ons eers die aanddiens en die misviering in die Notre-Dame bygewoon en ek het by hernuwing besef dat mense baie maklik hulle hele lewens net binne die kerk kan deurbring; die sake waarmee jy jou kan besighou, is onbeperk en oneindig, maar nie daarom noodwendig wáár en realisties nie.
Dieselfde is natuurlik ook geldig ten opsigte van die Bybel en ander geskrifte: ons kan tot in lengte van dae redekawel volgens die Bybelse idioom sonder om enige vordering te maak.
Dít is dan ook my probleem met beide Hennie én Flip se geskrifte: ek kry die indruk dat albei besef dat die óú paradigma nie (meer) deug nie, maar hulle praat nog in die óú idioom - miskien nie politieke korrektheid nie, maar tog establishment korrektheid.
Ons moet radikaal breek met dit wat ons wéét verkeerd en misleidend is en die weklikheid sonder vooroordele en partydigheid aanvat.
Ek plaas hierdie briefie ook op Geloftevolk. 
Groete
Thinus



*
 

(Blykbaar werk die skakel nie.)


Thinus, ek het jou web blad by Hennie gekry en besluit om iets daaroor te noem, hoop nie jy neem aanstoot nie, ek heg vir jou n' paar gedagtes aan, het vir almal gestuur wat jy ge cc het.

Groete
Walter.

Geen opmerkingen:

Een reactie posten