woensdag 16 februari 2011

KANONISERING EN DEKANONISERING

MY LIEWE CECILE


Baie dankie vir jou onderstaande e-pos - vir my toon dit minstens dat daar nóg (na)denkende lewe in die res van die heelal is.


Ek stem met jou saam dat dit 'n baie goeie artikel is en daarom het ek dan ook hierdie blog daarmee begin, maar dit is helaas nie van my pen nie - ek is in hierdie geval maar net die boodskapper.
Dit is geskryf deur Flip Schutte van wie jy heelwat spore op die internet sal kry; hy is, onder andere, 'n teoloog en ek kan sy e-posadres vir jou gee as jy jou vrae regstreeks aan hom wil stel, synde die outeur van die praatjie.


Owerigens is ek natuurlik ook ál die pad bereid om my stuiwer in die armebeurs te gooi wat jou vrae betref.
Ek sal dit egter ook in hierdie forum wil doen om die openbare gesprek oor dié onderwerp te bevorder.
Jy kon waarskynlik al uit my NOORSVELD- EN ANDER GEDAGTES asook MIERLEEU aflei dat ek 'n baie minder erudiete benadering het en dit sal vir my hoegenaamd nie snaaks wees indien jy die gesprek met Flip wil voortsit nie.


Met waardering


Petrus




2011/2/15 Cecile

Liewe Petrus
 
Ek het jou artikel gelees (Kanonisering en Dekanonisering). Baie goeie navorsing, interessant en goed geskryf.
 
Ek beskou myself ook nie as dogmaties nie.
 
"Kom ons ontmoet die goddelike..."? Hoe definieer jy die goddelike? Wat word van jou as jy die dag jou laaste asem uitblaas? Waarom het die mens die kapasiteit ( en behoefte) om geestelike dinge so diep te ondersoek?
 
Hoor graag van jou.
 
Groete
Cecile
 

Geen opmerkingen:

Een reactie posten